Welkom, Besoeker [ Registreer | Teken in ]   rss feed
Voeg 'n Advertensie
«    »

Loebi Leesklub Afrikaanse leesklub vir kinders

R140 p/m

Beskrywing

Loebi-Leesklub

Kinderwerf nooi alle ouers met kinders tussen 0 en 7 jaar om deel te word van Loebi se wêreld. So sal julle deel word van ‘n ongelooflike storie-ervaring wat uniek in sy soort is.

Al die wonderlike, eg Afrikaanse Loebi die draak storietjies is geskryf deur die bekroonde Martie Preller (skrywer van die gewilde Babalela-boeke).

Klublede ontvang elke maand ’n ouderdomsverwante Loebi-storieboekie. Dis egter nie al nie – as klublid kry jy ook daaglikse aktiwiteite wat jy met jou kleinding kan doen. Verder kry jy ook leerhulpmiddels, soos lees- en werkskaarte wat jy saam met die daaglikse aktiwiteite kan gebruik. Soos julle sal sien is die Loebi-leesklub uniek en beslis ’n belegging vir jou kind se toekoms!

MEER INLIGTING OOR DIE STORIES

Die verskillende ouderdomsgroepe waarvoor jy jou kind kan inskryf is:

0-2 jaar (die pienk reeks)
2-3 jaar (die geel reeks)
3-4 jaar (die groen reeks)
4-5 jaar (die blou reeks)
5-7 jaar – skoolvoorbereidende reeks (die pers reeks)

Die stories handel oor Loebi die draak, sy gesin, sy familie, sy omgewing, wat hy doen, wat hy nie kan doen nie, dinge waarmee hy sukkel, ensovoorts. Al is Loebi ‘n drakie, sal jou kleinding maklik met hom identifiseer, want hy het dieselfde emosies, probleme en uitdagings as wat enige kind van daardie ouderdom het.

MEER INLIGTING OOR DIE DAAGLIKSE AKTIWITEITE EN HULPMIDDELS

As klublid van die klub sal jy drie keer per jaar (dus elke 4 maande) ’n boek deur die pos ontvang met die volgende 4 maande se daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels in.
Die daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels is gemik daarop om jou te help om jou kind se vaardighede optimaal vir sy/haar ouderdomsgroep te ontwikkel. Dit spreek alle aspekte van jou kind se ontwikkeling aan, byvoorbeeld: visuele diskriminasie, selfbeeld, wiskunde, wetenskap, fyn motoriese ontwikkeling, groot motoriese ontwikkeling, emosionele ontwikkeling, hand-oog koördinasie en nog vele meer. Daar is ook begripsvragies ingesluit en die ouer ouderdomsgroepe leer ook stelselmatig die alfabet bemeester.

Besoek www.kinderwerf.co.za vir meer inligting rakende aansluiting, pakkette en kostes en laai ‘n GRATIS inleidende storie af.

Vir enige verdere navrae, kontak liesbet@kinderwerf.co.za.

Share and Enjoy:
  • Print
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks
  • Blogplay

URL: http://www.kinderwerf.co.za
Rafels:
Statistieke: 1032 Besoekers, 1 sover vandag

Email This Post Email This Post Print This Post Print This Post

Item Lokasie

Fotos

Loebi Leesklub Afrikaanse leesklub vir kinders

Geborgde Skakels

Skryf 'n Kommentaar

Bygedra deur:

Liesbet

Landwyd


April 19, 2010 3:10 pm


0846172019